BEPALINGS EN VOORWAARDES VIR DIE VERKOOP VAN GOEDERE
(hierna verwys as “Bepalings en Voorwaardes”)
1. INLEIDING
Hierdie dokument sit die Bepalings en Voorwaardes uiteen wat van toepassing is wanneer jy enige Goedere, insluitend brandstof waar van toepassing en soos hier onder aangeteken (“Goedere”) by Agrimark Operations Limited koop, insluitend enige van sy filiale, waar van tyd tot tyd van toepassing (“Agrimark”) tensy jy ’n Voorsienings- of Handelsooreenkoms met Agrimark aangegaan het, in welke geval die voorskrifte van enige van laasgenoemde ooreenkomste van toepassing is in soverre dit strydig is met die voorskrifte van hierdie Bepalings en Voorwaardes. Lees asseblief hierdie Bepalings en Voorwaardes. As jy kies om dit nie te lees nie, doen jy dit op eie risiko. Die Bepalings en Voorwaardes bly steeds bindend op jou, asof jy dit gelees en verstaan het.
2. KLANTEDIENS EN KLAGTES
Indien jy nie hierdie Bepalings en Voorwaardes verstaan nie, of as jy nie tevrede is met die gehalte van die Goedere wat by Agrimark gekoop is nie, of as jy ’n klag teen Agrimark wil indien, kontak asseblief jou Agrimark-bestuurder of kontak ons via ons webwerf.
3. BETALINGSVOORWAARDES
- Alle aankope is slegs op ’n streng kontantbasis, tensy jy ’n skriftelike kredietooreenkoms met Agrimark gesluit het en behalwe vir die uitsonderings onder klousules 9 en 10 hier onder. Gevolglik sal hierdie Bepalings en Voorwaardes bykomend wees tot enige kredietooreenkoms wat tussen jou en Agrimark gesluit is wat die aankoop van Goedere op krediet toelaat.
- Slegs betaling per elektroniese oorplasing of op ’n ander metode wat vir Agrimark aanvaarbaar is, sal aanvaar word. Agrimark behou die reg voor om betaling op enige ander manier te weier
- Indien jy enige Goedere op krediet gekoop het, sal die Goedere Agrimark se eiendom bly totdat jy ten volle betaal het.
- Die prys van die Goedere sluit vervoer- en/of afleweringskoste uit, tensy jy alternatiewe reëlings met Agrimark getref het.
4. AFLEWERING
- Indien moontlik, en op jou versoek, kan Agrimark reël vir die aflewering van die gekoopte Goedere, op jou risiko. Die koste van aflewering is jou uitsluitlike verantwoordelikheid as die koper.
- Afleweringskoste is nie by die koopprys ingesluit nie, tensy jy en Agrimark uitdruklik skriftelik anders ooreengekom het.
- Agrimark aanvaar nie aanspreeklikheid vir skade aan of verlies van die Goedere terwyl dit deur ’n derde party vervoer word nie, hetsy deur jouself of deur Agrimark op jou versoek gereël. Jy moet verseker dat die Goedere teen skade of verlies tydens vervoer of aflewering verseker is.
- Indien ’n reëling vir aflewering tussen jou en Agrimark getref is, sal Agrimark na goeddunke van die Agrimark-werknemer te alle tye probeer om die Goedere so na en veilig as moontlik by die afleweringsadres af te lewer. Die naaste afleweringspunt kan ’n area naaste aan die afleweringsadres wees waar die afleweringsvoertuig veilig kan draai of ’n spesifieke area in ’n kompleks wat vir aflewering goedgekeur is.
- Alle aflewerings deur Agrimark sluit die oopmaak, opstel en/of installering van die Goedere uitdruklik uit. Agrimark-werknemers word onder geen omstandighede toegelaat om die Goedere oop te maak, op te stel en/of te installeer nie, selfs al sou jy ’n Agrimark-werknemer versoek om teen ʼn nominale fooi die Goedere sonder die medewete van Agrimark oop te maak, op te stel en/of te installeer. Die Agrimark-werknemer word nie toegelaat om enige bedrae geld van jou te aanvaar nie, en indien ’n ooreenkoms op hierdie wyse tussen jou en die Agrimark-werknemer bereik word, dra Agrimark geen risiko ten opsigte van sodanige ooreenkoms nie en sal Agrimark ook nie aanspreeklik wees vir alle of enige verlies of skade wat uit sodanige ooreenkoms voortspruit nie
- Die koper erken en aanvaar dat Agrimark te eniger tyd die aflewering van Goedere kan aanpas en die koper is verplig om gedeeltelike aflewerings te aanvaar alhoewel Agrimark alles wat nodig is, sal doen om afleweringsreëlings te probeer nakom. Die koper aanvaar verder dat afleweringsdatums as blote aanduidings dien en na Agrimark se diskresie onderhewig aan verandering kan wees. Agrimark kan nie aanspreeklik gehou word vir die versuim om vasgestelde afleweringsdatums na te kom as gevolg van omstandighede buite sy beheer nie.
- Aflewering sal slegs by die gekose afleweringsadres geskied soos deur Agrimark en die koper ooreengekom.
- Skade aan en enige risiko's verbonde aan Goedere wat gekoop is, sal jou verantwoordelikheid of die verantwoordelikheid van jou gevolmagtigde wees sodra jy of jou gevolmagtigde die Goedere in ontvangs neem by die Agrimark-perseel waar genoemde Goedere aangekoop is
- Indien jy jou eie vervoer en/of aflewering van die Goedere reël, sal aflewering plaasvind wanneer jou aangewese vervoerder die Goedere by Agrimark se perseel afhaal. Die risiko van verlies en/of skade aan die Goedere sal op hierdie stadium na jou oorgaan.
- In die geval van direkte transaksies (waar Goedere direk deur die verskaffer aan jou afgelewer word en nie deur Agrimark nie), sal aflewering plaasvind en die risiko oorgaan wanneer jy of jou verteenwoordiger vir die ontvangs van die Goedere teken, of wanneer fisiese aflewering plaasgevind het by die perseel wat deur jou versoek en aangedui is.
- Agrimark sal nie aanspreeklik wees vir enige verlies wat ’n koper mag ly as gevolg van ’n vertraging in aflewering nie.
5. KANSELLASIE VAN BESTELLINGS
- Jy is geregtig om ’n bestelling vir Goedere te kanselleer, onderhewig aan klousules 5.2 en 5.3 hier onder.
- Klousule 5.1 hier bo is nie van toepassing op Goedere wat spesiaal bestel is om in die behoeftes van die koper te voorsien of Goedere wat Agrimark moes verander, vervaardig of addisioneel vir die koper moes bestel omdat dit nie gewoonlik in voorraad gehou word nie.
- Agrimark is geregtig om ’n kansellasiefooi te hef wanneer ’n bestelling vir Goedere gekanselleer word. Jy sal oor die kansellasiefooibedrag in kennis gestel word wanneer Agrimark kennisgewing van die kansellasie ontvang.
6. EUITSLUITING VAN AANSPREEKLIKHEID EN WAARBORG VAN KWALITEIT
- Ingevolge die Wet op Verbruikersbeskerming, 68 van 2008 (“CPA”), is Agrimark verplig om te onderskei tussen kopers wat verbruikers is wat geregtig is om op die voorskrifte van die CPA staat te maak, en diegene wat nie is nie. As jy ’n individu is, of ’n regspersoon met ’n jaarlikse omset of batewaarde van minder as R2 miljoen, word jy as ’n verbruiker beskou.
- As jy ’n verbruiker is, is jy geregtig om Goedere te ontvang wat van ’n goeie gehalte is, vir ’n redelike tydperk bruikbaar en duursaam is, geskik is vir die doel waarvoor daardie Goedere normaalweg bedoel is en veilig en vry van enige gebreke is. As jy voel dat jy nie Goedere ontvang het wat aan hierdie standaard voldoen nie, moet jy ons kontak.
- Hierdie waarborg is bykomend tot enige ander uitdruklike waarborg wat jy ten opsigte van spesifieke Goedere mag kry.
- Agrimark kan ongelukkig geen aanspreeklikheid aanvaar vir eise wat buite die CPA of enige uitdruklike waarborg val nie.
- Verbruikers wat geregtig is om op die CPA staat te maak, moet daarop let dat alle nuwe onderdele wat tydens herstelwerk geïnstalleer word en die nodige arbeid om dit te installeer, vir ’n tydperk van drie maande ná installasie gewaarborg word, behalwe vir gewone slytasie of vir skade wat deur die misbruik van die herstelde Goedere veroorsaak word.
- Weens die aard van sekere Goedere, kan Agrimark nie verantwoordelik gehou word vir enige verlies in gewig of volume wat plaasvind nadat die Goedere verpak is nie.
- Soos hier bo onder klousule 4.5 aangeteken, dra Agrimark geen risiko ten opsigte van die oopmaak, opstel en/of installering van Goedere soos tussen jou en ’n Agrimark-werknemer ooreengekom nie, en Agrimark sal nie aanspreeklik wees vir enige verlies of skade wat hieruit voortspruit nie.
7. GEVAARLIKE GOEDERE
- Sommige Goedere wat deur Agrimark verkoop word, kan deur hul aard en gebruikswyse skadelik en gevaarlik wees. Deur hierdie Goedere te koop, bevestig jy dat jy inherente kennis rakende die skadelike en gevaarlike aard van die Goedere dra.
- Jy moet sorg dat jy hierdie Goedere gebruik en stoor volgens die vervaardiger se spesifikasies en instruksies vir gebruik.
- Jy moet kundige advies inwin as jy nie die vervaardiger se spesifikasies of gebruiksaanwysings verstaan nie, of as jy van plan is om die Goedere te gebruik vir ’n doel waarvoor dit nie gewoonlik gebruik word nie.
- Agrimark sal nie aanspreeklik gehou word vir enige skade of verlies wat jy mag ly as gevolg van die onbehoorlike gebruik van enige Goedere nie.
8. TERUGSTUURBELEID
Kopers sal nie geregtig wees om enige Goedere wat by Agrimark gekoop is om enige rede hoegenaamd terug te stuur nie, behalwe wat volgens Agrimark se Terugstuurbeleid toegelaat word. Die beleid is by https://www.agrimark.co.za/legal-prints/29. beskikbaar en ’n afskrif hiervan is by alle Agrimark-winkels beskikbaar.
9. VRYWARING
JY STEM HIERMEE IN DAT JY GEEN EIS TEEN AGRIMARK TEN OPSIGTE VAN HIERDIE BEPALINGS EN VOORWAARDES HET NIE, EN DAT JY AGRIMARK HIERMEE VAN ENIGE SKADE (INSLUITEND, MAAR NIE BEPERK TOT GEVOLGLIKE SKADE NIE), VERLIES, DOOD OF BESERING, HOE OOK AL EN VAN WATTER AARD OOK AL, WAT DEUR JOU OF ENIGE DERDEPARTY-EINDGEBRUIKER GELY WORD, VRYSTEL EN VRYWAAR.
10.BRANDSTOFBESTELLINGS
- Benewens die Bepalings en Voorwaardes hierin vervat, is die volgende bepalings en voorwaardes ingevolge hierdie klousule 10, asook die bepalings en voorwaardes soos in ʼn kredietaansoek by Agrimark vervat, van toepassing is op bestellings vir diesel (“Brandstof”) wat deur Agrimark se aanlyn platform geplaas is. Deur ’n bestelling vir Brandstof deur Agrimark se aanlyn platform te plaas, stem jy dus in tot die spesifieke bepalings en voorwaardes hierin vervat.
- Om Brandstof op Agrimark se aanlyn platform te koop, moet jy ’n bestaande klanterekening met voldoende beskikbare fondse vir die aankoop van Brandstof by Agrimark hê. Indien jy nie die nodige fondse beskikbaar het nie, sal jy nie toegelaat word om ’n bestelling vir die aankoop van Brandstof te plaas nie. Ter duidelikheid: kontantverkope vir Brandstof word nie toegelaat nie.
- Jou bestelling is ’n aanbod om Brandstof te koop. Alle bestellings is onderhewig aan aanvaarding deur Agrimark, wat Agrimark kan bevestig deur die Brandstof af te lewer by die perseel wat op jou bestaande Agrimark-rekening aangedui is.
- Alle bestellings is onderhewig aan die beskikbaarheid van die gevraagde Brandstoftipe ten tye van aflewering.
- Agrimark behou die reg voor om ’n bestelling te weier of te kanselleer indien die gevraagde Brandstof nie beskikbaar is nie of enige ander kwessie ten opsigte van jou bestelling opduik.
- Aflewering sal geskied by die perseel wat op jou bestaande Agrimark-rekening aangedui is. Jy moet seker maak dat iemand by die bogenoemde afleweringsplek teenwoordig is om die Brandstof tydens die geskeduleerde afleweringstydgleuf te ontvang.
- Indien jy die afleweringsplek wil wysig, kontak Agrimark asseblief direk en verkry skriftelike bevestiging van die verandering by Agrimark.
- Agrimark sal redelike pogings aanwend om die Brandstof binne die ooreengekome tydgleuf te lewer, maar afleweringstye word nie gewaarborg nie en word beïnvloed deur faktore buite Agrimark se beheer.
- Die Brandstofprys sal wees soos gekwoteer op Agrimark se aanlyn platform ten tye van die indiening van jou bestelling, maar sodanige pryse is te eniger tyd voor die aflewering van die Brandstof onderhewig aan verandering.
- Die finale prys vir die Brandstof sal op die datum van aflewering bepaal word.
- Enige prys wat voor aflewering gekwoteer word, is sonder kennisgewing onderhewig aan verandering, gebaseer op marktoestande, beskikbaarheid of ander faktore.
- Jy stem in dat die prys van toepassing op die datum van aflewering, geldig vir die transaksie sal wees
- Jy sal gefaktureer word vir die volle bedrag van die Brandstof wat op die datum van aflewering gekoop is en die bedrag sal teen jou bestaande Agrimark-rekening gedebiteer word.
- Bestellings kan slegs voor aflewering gekanselleer word, en met die skriftelike toestemming van Agrimark. Indien jy jou bestelling wil kanselleer, kontak Agrimark asseblief direk.
- Agrimark behou die reg voor om jou bestelling te kanselleer indien Agrimark weens redes soos tegniese kwessies, afleweringsbeperkings of ander onvoorsiene omstandighede nie die bestelling kan uitvoer nie.
- Agrimark sal nie aanspreeklik wees vir enige direkte verlies of skade wat voortspruit uit Agrimark se versuim om die Brandstof in ooreenstemming met hierdie Bepalings en Voorwaardes te lewer nie, en enige aanspreeklikheid teenoor jou sal in ieder geval beperk word tot die koopprys van die Brandstof soos gefaktureer.
- Agrimark is nie aanspreeklik vir enige indirekte, toevallige of gevolglike skade wat voortspruit uit die gebruik van Agrimark se aanlyn platform of die aflewering van Brandstof nie.
11. BETALINGS AAN DERDEPARTYE
- Benewens die bepalings en voorwaardes hierin vervat, is die volgende bepalings en voorwaardes ingevolge hierdie klousule 11, asook die bepalings en voorwaardes soos vervat in Agrimark se Kredietaansoek, van toepassing op alle betalings wat deur Agrimark se aanlyn platform aan derdeparty-diensverskaffers (“Diensverskaffers”) en/of verskaffers gemaak word. Deur ons aanlyn platform dus te gebruik om ’n betaling aan ’n Diensverskaffer of ʼn derde party te maak, stem jy in tot die spesifieke bepalings en voorwaardes wat hierin vervat is.
Dienste ontvang
- Jy kan Agrimark se aanlyn platform gebruik om geselekteerde Diensverskaffers met jou Agrimark-rekening te betaal.
- Om Agrimark se aanlyn platform te kan gebruik om ’n Diensverskaffer te betaal, moet jy ’n bestaande klanterekening met voldoende beskikbare fondse by Agrimark hê sodat die betaling gedoen kan word. Indien jy nie die vereiste fondse beskikbaar het nie, sal jy nie toegelaat word om die betaling aan die Diensverskaffer te maak nie.
- Deur Agrimark se aanlyn platform te gebruik om ’n betaling aan ’n Diensverskaffer te maak, bevestig jy dat jy die vereiste diens van die Diensverskaffer na behore ontvang het. Agrimark sal nie aanspreeklik gehou word vir enige dienste wat jy nie van die Diensverskaffer ontvang het nie.
- Deur Agrimark opdrag te gee om namens jou ’n betaling te maak, magtig jy Agrimark om jou rekening dienooreenkomstig te debiteer.
- Jy is verantwoordelik om akkurate en volledige betalingsinstruksies aan Agrimark te verskaf.
- Betalingsinstruksies kan spesifieke besonderhede insluit, soos die ontvanger se naam, verwysingsnommer, rekeningnommer, bedrag om te betaal en enige ander inligting wat nodig is vir die transaksie.
- Agrimark sal slegs betalings ingevolge jou instruksies verwerk.
- Hoewel Agrimark redelike pogings sal aanwend om betalings stiptelik en akkuraat te verwerk, is Agrimark nie verantwoordelik vir vertragings of foute veroorsaak weens verkeerde inligting deur jou verskaf of omstandighede buite Agrimark se beheer nie.
- Jy stem in om alle toepaslike fooie en heffings verbonde aan die betaaldienste wat deur Agrimark verskaf word, te betaal.
- Fooie sluit moontlike transaksiefooie in, asook valuta-omskakelingsfooie en enige ander koste wat ten tyde van die transaksie mag ontstaan.
- Agrimark sal redelike maatreëls tref om die sekuriteit van jou betalingsinligting en transaksies te beskerm, maar jy erken dat geen internet-oordragmetode of elektroniese berging heeltemal veilig is nie, en Agrimark kan nie die absolute sekuriteit van jou data waarborg nie.
- Agrimark kan nie aanspreeklik gehou word vir enige direkte verlies of skade wat voortspruit uit die verskaffing van Agrimark se betaaldienste in ooreenstemming met hierdie Bepalings en Voorwaardes nie, en enige aanspreeklikheid teenoor jou sal in ieder geval tot die bedrag van die betrokke transaksie beperk word.
- Agrimark is nie aanspreeklik vir enige indirekte, toevallige of gevolglike skade wat voortspruit uit die gebruik van sy betaaldienste nie.
- Jy kan ’n betalingsopdrag kanselleer voordat dit verwerk is, onderhewig aan Agrimark se skriftelike toestemming. Indien jy jou bestelling wil kanselleer, kontak Agrimark asseblief direk.
- Indien jy die dienste wat deur die Diensverskaffer gelewer is, betwis, word jy versoek om die Diensverskaffer direk oor die sodanige dispuut te kontak. Ingeval enige terugbetalings deur die Diensverskaffer van toepassing is, sal Agrimark die sodanige terugbetaling op jou Agrimark-rekening krediteer.
- Ter beklemtoning van bogenoemde: Agrimark is geensins verantwoordelik of aanspreeklik vir die diens wat deur die Diensverskaffer gelewer word, die gehalte van die diens wat deur die Diensverskaffer gelewer word, enige waarborge wat deur die Diensverskaffer verskaf word, enige dispuut met die Diensverskaffer en enige ander interaksies tussen jou en die Diensverskaffer nie.
Direkte bestellings
- Jy kan Agrimark se aanlyn platform gebruik om geselekteerde verskaffers met jou Agrimark-rekening te betaal wanneer jy ’n direkte bestelling by die betrokke verskaffer plaas.
- Om Agrimark se aanlyn platform te kan gebruik om ’n verskaffer te betaal, moet jy ’n bestaande klanterekening met voldoende beskikbare fondse by Agrimark hê sodat die betaling gedoen kan word. Indien jy nie die vereiste fondse beskikbaar het nie, sal jy nie toegelaat word om die betaling aan die betrokke verskaffer te maak nie.
- Die prys van die Goedere sal wees soos gekwoteer op die verskaffer se faktuur ten tye van die indiening van jou bestelling, maar sodanige pryse is te eniger tyd voor die aflewering van die Goedere onderhewig aan verandering.
- Enige prys wat voor aflewering gekwoteer word, is sonder kennisgewing onderhewig aan verandering, gebaseer op marktoestande, beskikbaarheid of ander faktore.
- Jy sal gefaktureer word vir die volle bedrag van die Goedere soos op die verskaffer se faktuur aangedui en die bedrag sal teen jou bestaande Agrimark-rekening gedebiteer word.
- Alle bestellings kan slegs voor aflewering gekanselleer word, en met die skriftelike toestemming van Agrimark. Indien jy jou bestelling wil kanselleer, kontak Agrimark asseblief direk.
- Aflewering sal geskied by die perseel wat op jou bestaande Agrimark-rekening aangedui is. Jy moet seker maak dat iemand by die bogenoemde afleweringsplek teenwoordig is om die Goedere tydens die geskeduleerde afleweringstydgleuf te ontvang.
- Indien jy die afleweringsplek wil wysig, kontak Agrimark en/of die verskaffer asseblief direk en verkry skriftelike bevestiging van die verandering by Agrimark en/of die verskaffer.
- Deur Agrimark opdrag te gee om namens jou ’n betaling te maak, magtig jy Agrimark om jou rekening dienooreenkomstig te debiteer.
- Jy is verantwoordelik om akkurate en volledige betalingsinstruksies aan Agrimark te verskaf.
- Betalingsinstruksies kan spesifieke besonderhede insluit, soos die ontvanger se naam, verwysingsnommer, rekeningnommer, bedrag om te betaal en enige ander inligting wat nodig is vir die transaksie.
- Agrimark sal slegs betalings ingevolge jou instruksies verwerk.
- Hoewel Agrimark redelike pogings sal aanwend om betalings stiptelik en akkuraat te verwerk, is Agrimark nie verantwoordelik vir vertragings of foute veroorsaak weens verkeerde inligting deur jou verskaf of omstandighede buite Agrimark se beheer nie.
- Jy stem in om alle toepaslike fooie en heffings verbonde aan die betaaldienste wat deur Agrimark verskaf word, te betaal.
- Fooie sluit moontlike transaksiefooie in, asook valuta-omskakelingsfooie en enige ander koste wat ten tyde van die transaksie mag ontstaan.
- Agrimark kan nie aanspreeklik gehou word vir enige direkte verlies of skade wat voortspruit uit die verskaffing van Agrimark se betaaldienste in ooreenstemming met hierdie Bepalings en Voorwaardes nie, en enige aanspreeklikheid teenoor jou sal in ieder geval tot die bedrag van die betrokke transaksie beperk word.
- Agrimark sal nie aanspreeklik wees vir enige direkte verlies of skade wat voortspruit uit Agrimark se verskaffing van betaaldienste in ooreenstemming met hierdie Bepalings en Voorwaardes nie, en enige aanspreeklikheid teenoor jou sal in ieder geval beperk word tot die bedrag van die betrokke transaksie.
- Agrimark is nie aanspreeklik vir enige indirekte, toevallige of gevolglike skade wat voortspruit uit die gebruik van sy betaaldienste nie.
- Jy kan ’n betalingsopdrag kanselleer voordat dit verwerk is, onderhewig aan Agrimark se skriftelike toestemming.
- Agrimark is geensins verantwoordelik of aanspreeklik vir die Goedere wat deur die verskaffer gelewer word, die gehalte van die Goedere wat deur die verskaffer gelewer word, enige waarborge wat deur die verskaffer verskaf word, enige dispuut met die verskaffer en enige ander interaksies tussen jou en die verskaffer nie.
12. OOR DIE ALGEMEEN
- Indien jy jou verpligtinge ingevolge hierdie Bepalings en Voorwaardes wesenlik oortree, en jy nie daardie oortreding binne 7 (sewe) werksdae ná ontvangs van skriftelike kennisgewing om dit te doen, regstel nie, kan Agrimark sy regte uitoefen, wat die beëindiging van hierdie Bepalings en Voorwaardes en/of die betrokke aankope insluit, sonder enige inkorting van Agrimark se regte.
- Hierdie Bepalings en Voorwaardes en enige regsgeding wat daaruit voortvloei, sal deur die wette van die Republiek van Suid-Afrika beheer word.
- Vir die doeleindes van hierdie klousule beteken die term “Force Majeure” enige natuurramp, brand, onluste, oorlog of enige ander oorsaak buite redelike beheer van Agrimark wat Agrimark verhoed om enige verpligting onder hierdie Bepalings en Voorwaardes na te kom. Agrimark is nie aanspreeklik vir vertraging of versuim om enige verpligting ingevolge hierdie Bepalings en Voorwaardes na te kom indien die vertraging of versuim veroorsaak word deur Force Majeure wat nie langer as 30 (dertig) dae voortduur nie. Indien sodanige vertraging of versuim vir ’n tydperk van nie minder nie as 30 (dertig) dae voortduur, is Agrimark daarop geregtig om jou bestelling per skriftelike kennisgewing te beëindig.
- Niks hierin vervat sal op enige wyse geïnterpreteer of bedoel word om enige reg, titel of belang in Agrimark se intellektuele eiendom te eniger tyd af te gee, aan jou af te staan, toe te ken of op enige ander manier oor te dra nie. Ter wille van duidelikheid: Agrimark is te alle tye die enigste eienaar en titelhouer van sy reg en belang in en op sy intellektuele eiendom.
- Jy onderneem om nie te eniger tyd enige verklarings oor Agrimark op enige openbare platform, insluitend sosialemedia-platforms, te maak wat as neerhalend, beledigend, lasterlik of naamskending beskou kan word nie.
- Jy willig in en stem saam dat Agrimark enige dispuut, meningsverskil of eis wat uit hierdie ooreenkoms voortspruit, finaal kan oplos in die Landdroshof wat jurisdiksie oor jou het, nieteenstaande dat die betrokke bedrag die jurisdiksie van sodanige Hof kan oorskry.
- Indien Agrimark regstappe teen die koper moet instel, sal jy aanspreeklik wees vir Agrimark se regskoste op die skaal tussen prokureur en eie klant, insluitend invorderingskommissie.
- Nieteenstaande enigiets anders hierin vermeld, sal Agrimark nie teenoor jouself aanspreeklik wees vir enige indirekte, spesiale of gevolglike skade en/of verliese van watter aard of hoe ook al ontstaan nie (insluitend, maar nie beperk nie tot verlies aan inkomste, verlies aan sakegeleentheid en verlies van data).
- Geen ooreenkoms om hierdie ooreenkoms te wysig, iets by te voeg of andersins te verander of afstand te doen daarvan of om dit te kanselleer of te beëindig, sal van krag wees tensy dit skriftelik gedoen word en behoorlik deur Agrimark onderteken is nie.
- Niks in hierdie ooreenkoms mag op enige wyse geïnterpreteer of bedoel word om enige reg, titel of belang in en aan Agrimark intellektuele eiendom oor te dra of op enige ander wyse aan die koper oor te dra vir die duur van hierdie ooreenkoms of enige deel daarna nie.
- Indien enige bepaling van hierdie ooreenkoms ongeldig of onafdwingbaar bevind of beskou word, sal sodanige bepalings skeibaar wees van die oorblywende bepalings, wat geldig en afdwingbaar sal bly.