Agrimark Hermanus gee die gemeenskap wat hulle vra

Agrimark Hermanus gee die gemeenskap wat hulle vra

Jan 28th 2022
News

“Ons bedien ′ʼn baie diverse klantebasis oor ʼn taamlik wye geografiese gebied wat uiteenlopende behoeftes het, maar dit is wat die werk hier lekker maak – geen twee dae is dieselfde nie.”

Aan die woord is Andries Schreüder, takbestuurder van Agrimark Hermanus en leier van ʼn span van 24 personeellede wat saam met hom aan hierdie wa trek.

“In ons streek is daar min of meer iets van alles – van die intensiewe perlemoenplase tot appel- en peerprodusente, produsente wat slaai kweek, of dié wat boer met hoenders, perde, skape, fynbos en natuurlik wyndruiwe. Hier is regtig iets van alles, en dit is wat elke dag uniek maak en jou laat voel asof jy ʼn verskil kan maak. Dit is lekker om te sien hoe ʼn projek waaraan jy en jou span lank beplan en gewerk het, suksesvol uitgevoer word.”

Tans bedien die tak klante vanaf Botrivier, Hermanus, Caledon, die Hemel-en-Aardevallei, Stanford en Gansbaai tot anderkant Pearly Beach. Die winkel is ten volle toegerus om aan die behoeftes van uiteenlopende klante te voldoen en die ervare personeel het oor die jare ontwikkel tot ʼn waardevolle bron van raad, produkkennis en diensverskaffing. Die winkel is volledig toegerus met meer as 15 500 produklyne en bied ʼn wye keuse van produkte aan produsente uit die landbou-omgewing sowel as huiseienaars en vakansie- en naweekbesoekers.

Een van Agrimark Hermanus se sterkste fokuspunte, is die verf- afdeling. Dit is ʼn spesialiswinkel, met sy eie ingang en uiters bekwame personeel wat met raad en daad regstaan. Cliffon Salie en Wandile Alam is hier aan die stuur van sake en albei het uitgebreide ervaring in hierdie veld. Die afdeling spog met ʼn wye reeks handelsmerke, insluitend Dulux, Duram, Plascon en Jotun. Daar is twee outomatiese tintmasjiene, ʼn skudmasjien en ʼn groot kleurmuur waar vele kleurkombinasies gesien kan word. “Elke klant wat verf by ons koop, kry ʼn kleurkaart waarop besonderhede van die verf en verfmengsels wat hulle gekoop het, aangedui word. Dit help dan eerstens om te verseker dat die verf wat die winkel verlaat die kleur is wat hulle gekies het en ook dat die klant ná ʼn paar jaar weer presies dieselfde kleur kan kry wanneer hy opknappingswerk wil doen,” sê Andries.

Agrimark Hermanus se bemarker, Jacques Goosen, staan die verf- afdeling by omdat hy uitgebreide ervaring in die konstruksiebedryf het. Hy kan goeie raad gee en hy besoek ook terreine om aanbevelings oor die regte produkte te gee. Hy kan vogtoetse doen en ander uitda- gings raaksien nog voordat aanbevelings gemaak word. Die winkel het onlangs verf en waterdigtingsmateriaal aan die plaaslike onkologie- hospitaal en ouetehuis verskaf wat ʼn groot verskil gemaak het.

ʼn Ander reeks produkte wat ook goed verkoop, is die witprodukte – yskaste, stowe, mikrogolfoonde, tuimeldroërs en wasmasjiene. ʼn Verskeidenheid televisiestelle teen uiters kompeterende pryse word ook aangebied.

Andries beklemtoon hoe gerieflik die winkel vir vakansiegangers toegerus is. “Hier kom baie mense kuier gedurende skoolvakansies, Paasnaweek, Kerstyd en ander naweke, en baie van hulle klop by ons aan vir die items wat hulle nodig het om hul woonplekke in stand te hou. Ons tuinafdeling is uitgebrei en ons verskaf kunsmis, insekdoders en tuinbesproeiing, asook kraggereedskap vir die naweek-nutsman, en kampeertoerusting. Dit gebeur baie dat kampeerders iets vergeet het wat hulle dan by ons kom kry – matrasse, kampstoele en -tafels, gasligte, slaapsakke en tente. En in vakansietyd is tentpenne veral gewild. Die kampafdeling op die boonste vlak van die winkel het ʼʼn groot verskeidenheid van produkte met alles wat ʼn kampeerder sou nodig kry – daar is selfs kerse,” vertel hy glimlaggend.

Nog ʼn trots van die winkel, is die troeteldierafdeling wat iets van alles het. Die nuwe ZiggiPet-reeks is baie gewild, en so ook items soos halsbandjies, dierebedjies, vlooipoeiers, hondesjampoe en lekkernye.

Agrimark Hermanus se klereafdeling, wat onder andere handelsmerke soos Jonsson en Hi-Tec insluit, bied ook ʼn wye verskeidenheid veiligheidskoene en beskermende oorpakke, baadjies en handskoene, t-hemde en maskers, en warm truie. In samewerking met ʼn diensverskaffer op die dorp, bied die winkel ook ʼn borduurdiens vir besighede wat hul onderneming se naam of logo op klere wil laat aanbring.

Bou- en omheiningsmateriaal, kunsmis, veevoer, brandstof wat op grootmaat afgelewer word, besproeiingstoerusting en pompe vir produsente, word ook aangehou.

Andries glo dat die sukses van die winkel toegeskryf kan word aan die goeie verhoudings met die gemeenskap wat reeds bestaan en wat deurgaans verder uitgebou word. Die span wat hom bystaan, is die assistent-bestuurder, Ernst Olivier, Jacques Goosen in die bemar- kingsafdeling, Anne-Marie van Dyk wat die administrasie saam met Lachelle Olivier hanteer, Therese Gora wat ook al meer as 10 jaar diens het en wat bestellings hanteer en Nelnishia Argus wat die klereafdeling beheer.

“Ons werk hard daaraan om klante te behou en nuwes by te kry. Dit sal net gebeur as jy goeie diens lewer, deurgaans vriendelik optree, en bereid is om ietsie ekstra te doen as die klante dit versoek. Ons produsente is ook baie belangrik en flinke diens is vir hulle van die aller-grootste belang. 

As jy dit regkry om goeie diens teen bekostigbare pryse te lewer, behou jy jou klante lewenslank. Gemeenskapsprojekte waarby ons betrokke is, soos die Wines2Whales-bergfietswedren, verf vir die Paddakoor-speelskool en Sandbaai se strandskoonmaakprojekte, bevestig ons kosbare verbintenis met die gemeenskap,” sluit hy af.